Ontploffing in die Beiroet-hawe in 2020

Impak van die ontploffing op 4 Augustus 2020.

Op 4 Augustus 2020 het ‘n brand en verskeie ontploffings gevolg deur ‘n reuse ontploffing in die Beiroethawe in Libanon plaasgevind.[1][2][3] Ten minste 207 mense is dood, en meer as 6 500 beseer. Marwan Abboud, goewerneur van Beiroet, het geraam dat tot 300 000 mense haweloos gelaat is deur die ontploffings.

Die ontploffing hou verband met ongeveer 2 750 ton ammoniumnitraat wat deur die regering gekonfiskeer is van die verlate skip MV Rhosus en ses jaar lank sonder behoorlike veiligheidsmaatreëls in die hawe geberg is. Die ontploffing is as 'n seismologiese gebeurtenis van die grootte 3.3 op die Richterskaal aangeteken deur die Verenigde State se geologiese opname-instelling (United States Geological Survey).

Die Libanese regering het 'n noodtoestand van twee weke afgekondig in reaksie op die ramp. In die nasleep het protesoptogte teen die regering dwarsoor Libanon uitgebreek weens hul versuim om die ontploffings te voorkom, en by 'n groter reeks protesoptogte wat sedert 2019 in die land plaasgevind het, aangesluit. [4][5][6] Op 10 Augustus 2020 het premier Hassan Diab en die Libanese kabinet bedank weens die toenemende politieke druk wat deur die gebeurtenis vererger is.[7]

  1. "Massive explosion shakes Lebanese capital, buildings near Beirut port reportedly damaged". Haaretz (in Engels). Besoek op 4 Augustus 2020.
  2. "Massive explosion shakes Lebanon's capital Beirut". San Francisco Chronicle (in Engels (VSA)). 4 Augustus 2020. Besoek op 4 Augustus 2020.[dooie skakel]
  3. Hubbard, Ben (4 Augustus 2020). "Explosions Rock East Beirut". The New York Times (in Engels (VSA)). ISSN 0362-4331. Besoek op 4 Augustus 2020.
  4. Najjar, Ted Regencia, Arwa Ibrahim, Farah. "Second day of protests as anger over Beirut explosion grows: Live". Al Jazeera. Besoek op 10 Augustus 2020.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  5. Hubbard, Ben; El-Naggar, Mona (8 Augustus 2020). "Clashes Erupt in Beirut at Blast Protest as Lebanon's Anger Boils Over". The New York Times (in Engels (VSA)). ISSN 0362-4331. Besoek op 10 Augustus 2020.
  6. CNN, Ben Wedeman, Luna Safwan, Ghazi Balkiz and Tamara Qiblawi. "Lebanon protesters storm ministries as violent protests grip Beirut". CNN. Besoek op 10 Augustus 2020. {{cite web}}: |last= has generic name (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  7. "Lebanese PM steps down in wake of Beirut explosion, protests". AP NEWS. 10 Augustus 2020. Besoek op 10 Augustus 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search